Sell
4 Slaapkamer woning met 2 woonstelle te koop in  Jan Kempdorp.
1 / 15

Details

Surface size2497 m2
Bedrooms4
Bathrooms2
Type of PropertyHouse
Floors1
Listed byAgent
Parking LotYes
Broker feeYes
FurnishedNo
Pets allowedYes

Description

Ruim 4 slaapkamer woning met 2 woonstelle op 2 erwe.

Hierdie netjiese eiendom behels twee erwe met twee woonstelle met 'n bestaande huurinkomste van +/- R 5000 p.m. wat huidiglik suksesvol uitverhuur word asook 'n groot 4 slaapkamer huis.

Die erf agter is nog groot genoeg vir verdere moontlike uitbreiding van nog 'n woonstel.

Woonhuis met 2 slaapkamer woonstel : Grootte van erf 1370m2

4 slaapkamers met ingeboude kaste in almal en 'n lugversorger (12 BTU)in die hoofslaapkamer.

Ruim sitkamer /woonkamer met lugversorger (18 BTU) wat uitloop met 'n glasdeur na die lapa/braai area/

Groot Aparte eetkamer

Die kombuis is lekker groot met baie kaste en dubbel opwasbakke, groot Defy stoof en 3 waterfilters.

'n Verdere pluspunt is die aparte spens met ingeboude rakke. Enige vrou se droom.

Die huis het 2 badkamers, elk volledig met bad, stort, wasbak en toilet.

Die groot grasdaklapa (5 x 9meter) met ingeboude braai skep 'n gesellige kuier atmosfeer

By die agterdeur is 'n binnehof van 4mx5m met 'n skadunet dak.

'n Aparte waskamer met dubbel vlekvrye staal wasbak en warm/koue krane

Ekstra's :

750 liter nood watertenk met drukpomp wat die huis en woonstel van water kan voorsien.

Nood kragopwekker van 6.5kva met oorskakel skakelaar en verbindingskabel wat 220 volt krag aan die huis en woonstel kan voorsien.

Daar is 'n nuwe 15 000 liter opslaan swembad met pomp, sandfilter en nodige skoonmaak toerusting

Die hele erf is onder besproeiing wat uit die boorgaat op die ander erf gevoer word .Daar is 'n 3kw 3 fase motor en 'n baie groot nuwe pomp in die boorgat.

Die woonhuis en buitegeboue het 380 volt krag toevoer.

Daar is koopkrag.

2 slaapkamer Woonstel by woonhuis :

By die woonhuis is 'n 2 slaapkamer woonstel met aparte sitkamertjie en aparte kombuis met nuwe stoof, kaste en opwasbak.

Die woonstel het sy eie onderdakparkering veilig toe met palesades en hek met motor. Daar is ook 'n onderdak stoep aan die westekant van die woonstel.

Die woonstel het 2 dakwaaiers en 'n waterverkoeler.

Woonstel 2 op die ander erf : Grootte van erf 1127m2

1 slaapkamer met groot losstaande klerekas

Baie groot badkamer met bad, stort , wasbak, toilet en ook plek en krane vir 'n wasmasjien.

Sitkamer en kombuis is oopplan met 'n lugversorger (12 BTU)en kaste en opwasbak en 'n 4 plaat defystoof

Daar is ook 2 dakwaaiers in die woonstel

Daar is 'n afdak aan die kant van die woonstel wat vir 'n stoep gebruik kan word.

Afdak vir motor

Koopkrag

Agtererf sluit in :

Groot afdak waaronder 4 motors kan parkeer en groot enkel motorhuis aangrensend met 380 volt kragtoevoer

Aangrensend aan afdak is groot pakkamer met aparte gereedskapkamer

Die een erf het ook 'n sterk toegeruste boorgat wat groot Hunter sproeiers van sterk water voorsien

Die hele erf is onder besproeiing

Buitetoilet

Hierdie eiendom word met sorg netjies gehou en daar is groot speelplek en grasperk vir die kinders voor en agter.

Die twee erwe is net as eenheid te koop maar is nie gekonsolideer nie

R 1,855,0004 Bds - 2 Ba - 2497 m2

4 Slaapkamer woning met 2 woonstelle te koop in Jan Kempdorp.

Tadcaster, Jan Kempdorp, Northern Cape
Jul 19
Seller description
Greybe
Member since Jul 2021
** *** ****
Show number

Posted in

Tadcaster, Jan Kempdorp, Northern Cape
AD ID 1066025600

Report this ad