WINSKOOP VAN DIE JAAR: SPOGHUIS IN SILVER WILLOW VILLAGE - PTA OOS 0
1 / 18

Details

Surface size210 m2
Bedrooms4
Bathrooms3
Type of PropertyHouse
Floors2
Listed byOwner
Parking LotYes
Broker feeNo
FurnishedNo
Pets allowedYes

Description

Hierdie pragtige, baie ruim 3 slaapkamer huis, met 'n gevestigde droom tuin, is in perfekte toestand. Die baie groot hoofslaapkamer is op die 1ste vloer, wat met pragtige houttrappe bereik word, en het 'n heerlike privaat balkon, en 'n instap aantrekkamer met baie kaste, en ook 'n volledige badkamer met hoekbad, stort, toilet en wasbak gemonteer in 'n dubbeldeur kassie met granietblad.

Die ander 2 ruim slaapkamers deel 'n volledige badkamer met bad, stort, toilet en wasbak.

Die oopplan sit-, eetkamer, het oorgenoeg spasie, en die kombuis het 'n aparte opwaskamer, 'n groot hoekkas en genoeg ander kaste met 'n granietblad en ook 'n 'kitchen nook' met granietblad. 'n Groot gasstoof maak ook deel uit van hierdie droomkombuis.

Die sitkamer loop uit op 'n groot onderdak stoep en dan op die pragtige grasperk en tuin.

Uit die voorportaal loop 'n mens in 'n geteelde dubbel motorhuis, en agter die motorhuis, met sy eie deur, 'n studeerkamer/bediendekamer, met 'n volledige badkamer, stort, toilet en wasbak.

Al die kamers, sitkamer en eetkamer het houtblinders met roomkleur "Roll up blockout blinds" bo-oor. Die kombuis, opwaskamer en badkamers het Roman blinds op. Daar is 2 aircons, 1 in die hoofslaapkamer en 1 in die sitkamer.

Sien is glo, om hierdie pragplek met sy besonderse afrondings, te kan besit vir slegs R1 750 000.

Skakel vandag nog om te reël vir besigtiging. Net kopers wat reeds deur 'n bank goedgekeur is, sal oorweeg word.

Kontak Maria op 0835572849.

R 1,750,0004 Bds - 3 Ba - 210 m2

WINSKOOP VAN DIE JAAR: SPOGHUIS IN SILVER WILLOW VILLAGE - PTA OOS

Pretoria East, Pretoria, Gauteng
Feb 18
Seller description
** *** ****
Show number

Posted in

Pretoria East, Pretoria, Gauteng
AD ID 1058366178

Report this ad